TaxmanSeKilos: feiteblad
========================

Kilo's waaroor die taxman nie kan stry nie.

Wat dit is
  'n Vanlyn reislogboek-toep vir Suid-Afrikaners wat besigheidsreis eis.
  Ritte word met twee tikke vanaf gestoorde plekke gelog of met GPS gemeet,
  elke rit loop van een kilometerlesing na die volgende, gapings tussen
  lesings word gewys, strokies word saam met koste gehou, en die
  belastingjaar word uitgevoer as 'n SARS-logboek-sigblad, 'n werkboek vir die
  boekhouer of 'n PDF.

Platforms     iPhone (iOS 17 of nuwer) en Android-fone (Android 12 of nuwer)
Tale          Afrikaans en Engels
Prys          Gratis, met geen advertensies en geen intekenings nie
Privaatheid   Geen rekening, geen bediener, geen dophou nie: die logboek bly op die foon
Ontwikkelaar  Wilderness Software, Suid-Afrika (https://wilderness-software.com)
Webwerf       https://taxmansekilos.co.za/af/
Kontak        hello@wilderness-software.com

In hierdie stel
  icon/         die toep se ikoon, 1024 x 1024
  logo/         die TaxmanSeKilos-woordmerk
  banners/      1024 x 500-baniere, Engels en Afrikaans
  screenshots/  iPhone (Engels) en Android (Engels, Afrikaans)

TaxmanSeKilos is nie aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SARS) verbonde nie
en word nie deur SARS onderskryf nie.
